Kaon

’n Kaon of K-meson is ’n subatomiese deeltjie. Dit is ’n meson en dus ’n hadron. Dit bestaan uit ’n kwark en ’n antikwark, het ’n heeltallige spin en is dus ’n boson. Dié deeltjies kom nie sommer in die natuur voor nie omdat hul lewensduur te kort is. Hulle kom wel voor as ’n kortstondige tussenproduk by kernreaksies of botsings.


Developed by StudentB